In Boerekos - Saam aan Tafel, maak ons dit maklik vir jou om vriende en familie tuis te onthaal. Van maklike spyskaarte tot slim werkskedules en heerlike resepte – daar is iets vir elke geleentheid en elke smaak. Die perfekte geskenk vir enige kosliefhebber!
Landbou Boerekos: Saam aan Tafel
KOS WAT ONS BIND • Families wat saam eet, bly saam. ’n Onbetwiste waarheid wat jy heel moontlik in wit geverfde houtletters iewers teen ’n pêl se kombuismuur sal aantref. ’n Helder insig waarop my jongste rugbymal laaitie my onlangs tot my ewige skaamte moes wys.
MEER AS ’N BLAD MET POTE • Dit is om ’n tafel waar die belangrikste dae en die belangrikste mense in jou lewe gevier word.
Met die hand uitgesoek • Op soek na ’n unieke geskenk vir ’n spesiale dag, ’n dankiesê-geskenk vir ’n gasheer of-vrou, of vir iets moois om jou tafel te versier? Hier is ’n paar van my Trots Suid-Afrikaanse gunstelinge.
NOSTALGIE OP DIE TAFEL • Vir die kosskrywer Herman Lensing is ’n goeie spyskaart een wat hy koud of warm kan voorsit, en een wat jou bederf met daardie laaste klein geskenk van koffie en koekies lank ná die feesmaal verby is. Hy kook ’n onthou-spyskaart uit sy jongste boek, NOSTALGIE.
EET BUITE saam met Ilse • Al dek jy ’n tafel op jou eie stoep of in jou tuin — kos wat in die buitelug geniet word, proe net lekkerder. En hier in sonnige Suid-Afrika is somerse al fresco-etes ’n vanselfsprekende keuse. Ilse van der Merwe wys ons hoe.
’nKleurvolle, geurvolle KERSFEESETE • Vir die sjef en kospersoonlikheid Mynhardt Joubert beteken die perfekte Kersete ’n uitgerekte affêre met die mense wat hy liefhet en ’n stoeptafel wat kreun onder geurige gunstelinge, afgerond met heerlike wyn van Cathedral Cellar. Sy spesiale Boerekos-Kersspyskaart kan jy aanpas na jou smaak. Kies alles, of net ’n paar, en meng en pas sy resepte na hartelus.
Die aand voor KERSFEES • Sit op Oukersaand by kerslig aan vir ’n feesmaal waarvoor jy alles vooraf maak en teen kamertemperatuur of yskoud voorsit – perfek vir ons warm Kersseisoen.
WESKUSFEES vir ’n salige somerkuier • Of jy die Nuwejaar wil inlui, of ’n verjaardag of herdenking wil vier – ’n seekosfees oor die kole, en ’n sitplek met jou tone in die sand is die lekkerste lekker. Dawid Botha van Lekker Weskus wys ons hoe.
Dit smaaksoos ’n seevakansie! • Teug aan perfekte pasmaats vir ’n seekosfees en brei jou seekosrepertoire uit met ’n paar nuttige kombuiskopies wat ligte werk maak van seekosvoorbereiding.
’N KAAPS-HOLLANDSE fees vir vriendinne
Paasfees op die PLAAS
Laatontbyt vir MOEDERSDAG • Laat Ma laat slaap en dan aansit vir ’n luilekker bederf-ontbyt, van tuisgemaakte heuning-hawermout en quiche tot veerligte klapperplaatkoekies en die beste warmsjokolade.
’N DAG NET VIR PA • Laat voel jou pa ekstra spesiaal op Vadersdag met ’n Sondagmiddagete van ál sy winterwarm gunstelinge.
Winterkuier • Verdryf die koue met goeie vriende voor die kaggelvuur, ’n paar geurige potte sop, warm brood en iets soet en dekadent om die aand af te sluit.
DIEGEUREVAN INDIE
EETSOOS’N ITALIANER
MEXIKAANSE FIESTA! • ’n Vrolike, feestelike saamkuier met helder kleure en die vars geure van lemmetjie en brandrissie. ’n Mexikaanse tema-ete is perfek vir warm somersdae.
GROETEUITGRIEKELAND • Met ’n tafel in blou en wit getooi met suurlemoene en sitrustakkies as versiering — en bros pita, lamsvleis en olywe op tafel — sal jy jou maklik kan verbeel jy kuier op ’n Griekse eiland.
Kuier om die kole • Om te braai, is ’n nasionale tydverdryf in Suid-Afrika en ’n gunstelingmanier om vriende te onthaal.
ERFENISKOS wat proe soos huis • Vier ’n spesiale dag met Trots Suid-Afrikaanse geure en maklik-om-temaak-huiskos propvol smake wat jou laat terugverlang na ’n ma of ouma se...